Riandre Nel en Khaliso Mokitimi was in 2021 finaliste in Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die jaar-kompetisie.Foto: Verskaf


Die Hoërskool Bloemfontein (Bloemies) het in 1999 as ’n gebalanseerde, multi­kulturele parallel­mediumskool ontstaan.

Die skool se leuse is “Strewe altyd hoër”.

Personeel glo in ’n Christelike waardestelsel met die klem op weder­sydse respek, holistiese ontwikkeling en die belange van die kind.

Die Hoërskool Bloem­fontein is ’n skool van akademiese uitnemendheid waar ’n balans tussen akademie, sport en kultuur gehandhaaf word.

Leerlinge kry die geleentheid om aan olimpiades deel te neem. In 2021 het Helen Talbot ’n sesde plek in die rekeningkunde-olimpiade in die Vrystaat behaal.

By dié skool is elkeen iemand. Leerlinge word voorberei om verantwoordelike en suksesvolle landsburgers te wees.

Riandre Nel en Khaliso Mokitimi was in 2021 onder die 14 topmatrikulante in Volksbladen die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die jaar-kompetisie.

Bloemies bied ’n wye beroepsgerigte vakkeuse, met goed opgeleide personeel. Tegnologies goed toegeruste klas­kamers en mede­dingende matriekuitslae spreek boekdele. Oudleerlinge presteer uitstekend aan tersiêre instellings, waar deur­settingsvermoë, self­dissipline en wedersydse respek as vaardighede vir die behaling van sukses benodig word.

Die Hoërskool Bloemfontein gaan verseker een van die topskole in die Vrystaat bly. Hou Bloemies dop.

You need to be Logged In to leave a comment.