Studente se handewerk wen een, twee, drie

Drie studente van Bloemfontein Fashion Academy het die toppryse gewen in die Bernina Dress Your Style-kompetisie, waarvan die wenners onlangs aangekondig is.


Drie studente van Bloemfontein Fashion Academy het die toppryse gewen in die Bernina Dress Your Style-kompetisie, waarvan die wenners onlangs aangekondig is.

Die bekende modeontwerper Gert-Johan Coetzee was die beoordelaar van die 95 inskrywings wat van agt tersiêre instellings van oor die land heen ontvang is.

Eerste- tot derdejaarstudente aan die Noordwes-Universiteit (NWU), Bloemfontein Fashion Academy, die Universiteit van die Vrystaat (UV), die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT), die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), die Nelson Mandela-Universiteit (NMU), Stadio School of Fashion en Studio 5 het teen mekaar meegeding.

Al die studente van Bloemfontein Fashion Academy het aan die kompetisie deelgeneem, met die drie topplekke wat deur studente van hier ingeneem is.

Meandri Britz is die wenner uit die groep van eerste- en tweedejaar­studente en het daarmee ’n Bernina 534-naaldwerkmasjien ter waarde van R44 769 gewen.

Janice Houbert was tweede in die afdeling en het ’n Bernina 335 ter waarde van R34 529 gewen.

Carien Nieuwoudt was derde en het ’n Bernina 325 ter waarde van R27 829 gewen.

Nog ’n Bloemfonteiner wat in dié kompetisie presteer het, is Mia Coetzer van die UV, wat deurdring na die eindronde van die Final Sew-kompetisie wat Bernina Suid-Afrik­a vandeesweek in Johannesburg aanbied.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.