‘Sukses lê in verbintenis’

Die groot leemte in ons plaaslike ekonomie is die afwesigheid van inklusiwiteit.


Die groot leemte in ons plaaslike ekonomie is die afwesigheid van inklusiwiteit.

Dit is die mening wat dr. Arno van Niekerk, Bloemfonteinse ekonoom en lektor aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), in sy nuwe boek The Inclusive Economy: Criteria, Principles and Ubuntu met lesers deel.

“Ons het ’n krisis met ’n unieke geleentheid,” verduidelik hy die teorie agter die boek.

Hy sê die soort kapitalisme wat vandag in die wêreld oorheers, kan leer by ’n Afrika-beginsel – dié van ubuntu.

Ubuntu is die beginsel van medemenslikheid, mededeelsaamheid, barmhartigheid en hulpvaardigheid.

Van Niekerk verduidelik dié beginsels kan vir groot en klein ondernemings van groot waarde wees.

“Ons het mekaar nodig en deur die gemeenskap by besigheid te betrek, kan daar voordele vir almal wees.”

Voorbeelde hiervan is herwinning wat by fabrieke self gedoen kan word.

“Die gemeenskap kan betrek word in ’n onderneming om die onderneming se waardeketting uit te brei, werk te skep én die omgewing skoner te hou.”

Hy sê goeie plaaslike voorbeelde is waar nie-winsgewende organisasies betrokke raak by ondernemings om ’n spesifieke funksie vir hulle te verrig.

“Anchor of Hope skep byvoorbeeld werk vir mense en bied hul dienste aan besighede om hul persele skoon te hou. Dit skep ’n nuwe sosiale ooreenkoms.”

Van Niekerk sê die opwekking van energie skep ook reuse-geleenthede vir ondernemings in hierdie tyd van beurtkrag wat talle ondernemings lamlê.

“As ons ekonomie nie inklusief word nie, het ons nie ’n toekoms nie,” sê hy.

“Die oplossing is in saamstaan waar gemeenskappe, beleids­makers en ondernemings hande vat vir ’n beter toekoms.”

Hy sê in talle gevalle is dit juis waar die staat tekort skiet, dat geleenthede vir besighede ontstaan.

Bestel Van Niekerk se boek deur ’n e-pos te stuur na inclusiveconomy@gmail.com.

Staan die kans om ’n kopie te wen van The Inclusive Economy: Criterea, Principles and Ubuntu deurBloemnuus se Facebook-blad te besoek.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.