Die Summerwood Country Estate & Guesthouse het sy deure in 1999 geopen.
Met ’n wit markiestent aan die begin, het Summerwood vinnig een van die Vrystaat se gewildste onthaalgeriewe vir troues, korporatiewe funksies, verjaarsdae vir almal, spesiale funksies en konferensies geword.
Summerwood is nie ver uit die stad nie – net 4,5 km op die R700/Bultfonteinpad geleë. Hier kan gaste die stilte en die prag-tige landelike plaasatmosfeer tussen hoë bome beleef. Summerwood bied ’n ideale funksie-geleentheid vir elke kliënt se styl en smaak.
Summerwood bied ’n “alles-in-een-diens” aan elke bruid en kliënt: van die opstel tot die opruim ná die tyd. Met almal saam se 84 jaar ondervinding, maak die personeel elke geleentheid spesiaal.
Summerwood akkommodeer gaste in getalle van 20 to 400 in die verskillende geriewe.
Daar is twee kapelle – ’n Rondekerk en Woudkerk – ’n toegeboude Lapa, die Summerwood-saal, die pragtige wit permanente Markiestent en ’n gastehuis met 6 en-suite kamers.
Summerwood en Montello bied aan gaste opregte Vrystaatse gasvryheid.