SUT blink uit op veld met vernufspel

Die rugbyspan van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), die Ixias, het verder opgeskuif op die Varsitybeker se puntelys ná ’n oorwinning oor die Universiteit van Johannesburg (UJ) Maandag (13/02) op UJ se stadion.


Die rugbyspan van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), die Ixias, het verder opgeskuif op die Varsitybeker se puntelys ná ’n oorwinning oor die Universiteit van Johannesburg (UJ) Maandag (13/02) op UJ se stadion.

Ná Maandag se wedstryde lê die SUT tweede op die puntelys met 15 punte, met net die Noordwes-Universiteit (NWU) Arende bo hulle met 17 punte.

Dit kom ná ’n naelskraap-oorwinning van 41 – 39 teen die Universiteit van Pretoria (UP) Tuks Maandag 6 Maart in Bloemfontein.

In die wedstryd teen UJ het die Ixias baie seker gemaak met ’n goeie telling van 54 – 12 behaal.

UJ het die eerste punte op die telbord aangeteken toe Peter Polhmann ’n drie gedruk het en Jonathan Viljoen die doelskop oor die pale gestuur het.

Die Bloemfonteinse span het teruggeveg met drie drieë voor rustyd, met twee daarvan aangeteken deur teen Zachary Bester.

Die tweede helfte het goed begin vir SUT met ’n strafskop in hul guns voordat Mathew Sekele, Jacobus Cloete en Ricoman Titus wat almal drieë gedruk het.

Cloete is aangewys as die speler van die wedstryd.

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Shimlas het ’n minder suksesvolle wedstryd gehad en het 29 – 12 teen die Universiteit van Kaapstad (UK) Ikeys verloor. Dit het die Shimlas afgeskuif na sesde op die puntelys met net 10 punte.

Die SUT Ixias speel Maandag (20/03) teen die NWU Arende op die Fanie du Toit-sportgrond in Potchefstroom, en die UV Shimlas speel op Shimlapark teen UJ.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.