Swemmers duik in om goeie saak te steun

Swemmers wat daarna mik om vir volgende jaar se Midmarmyl te kwalifiseer, gaan ’n gulde geleentheid daarvoor kry en kan boonop ’n bydrae tot liefdadigheid maak.


Swemmers wat daarna mik om vir volgende jaar se Midmarmyl te kwalifiseer, gaan ’n gulde geleentheid daarvoor kry en kan boonop ’n bydrae tot liefdadigheid maak.

’n Oopwaterswem­geleentheid ten bate van Reik na Herstel, ’n organisasie wat borskanker­pasiënte emosioneel en prakties bystaan, word op 14 Januarie by Maselspoort gehou.

Dit word deur Reik na Herstel, in samewerking met Kovsie Aquatics, aangebied.

Swemmers kan aan ’n 5 km-, 3 km- of ’n 1 km-uitdaging deelneem.

Dié wat die spesiale uitdaging wil aanpak, swem die 1 km vier keer – saam met elk van die ouderdomsgroepe. Om aan dié uitdaging deel te neem kos R175, plus ’n R1 000 skenking wat na Reik na Herstel gaan. Deelnemers aan laasgenoemde kry ’n pet, ’n spesiale medalje en ’n handdoek.

Die byeenkoms begin om 08:00. Koste vir deelname begin by R75.

Swemmers kan hulle op myactive.co.za inskryf.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.