Swemmers laat water spat

Meer as 500 swemmers het Saterdag (14/01) aan Kovsie Aquatics se jaarlikse oopwaterswemgeleentheid in die Modderrivier by Maselspoort deelgeneem.


Meer as 500 swemmers het Saterdag (14/01) aan Kovsie Aquatics se jaarlikse oopwaterswemgeleentheid in die Modderrivier by Maselspoort deelgeneem.

Deelnemers kon hulle inskryf vir ’n 5 km- of 3 km-swemnommer, ’n pretswem­nommer oor 500 m of die 1 km-nommer, in een van die vier ouderdomsgroepe.

Ses swemmers het hulle ook ingeskryf om die 1 km vier keer te voltooi om só geld te skenk vir Reik na Herstel, ’n organisasie met die doel om mense met kanker emosioneel en prakties te ondersteun. Hulle het dus met die deelnemers in al die ouderdomsgroepe (seuns 13 jaar en jonger en mans 30 jaar en ouer; seuns en mans 14 tot 30 jaar; meisies 13 jaar en jonger en vroue 30 jaar en ouer; en meisies en vroue 14 tot 30 jaar) geswem.

Een van die deelnemers aan dié liefdadigheid-uitdaging, Sam Zwiegers, het al twee keer kanker oorleef. Saam met haar het haar dokter, Nellmarie Bodenstein, geswem. Die derde vrou wat die uitdaging gepak het, is Francine Correia. Sy sê talle van haar familielede het al kanker gehad.

Dr. Ilse de Kock van Reik na Herstel se man, Willem, en hul seun Willem jr., het ook aan die uitdaging deelgeneem, saam met Francois Joubert.

Die wenners is:

5 km

  • Vroue 15 jaar en ouer: Miché Johns (Super Seals-klub).
  • Mans 15 jaar en ouer: Aiden Nel (Super Seals).

3 km

  • Meisies 14 jaar en jonger: Dane Lize de Klerk (Super Seals).
  • Seuns 14 jaar en jonger: Roald Basson (Super Seals).
  • Vroue 15 jaar en ouer: Michaela van Rooyen (Super Seals).
  • Mans 15 jaar en ouer: Aiden Nel.

1 km

  • Meisies o.13: Lize Marie Kruger (Super Seals).
  • Vroue 14 tot 30 jaar: Lize-Marie Davidson (Kovsies Aquatics).
  • Vroue 31 tot 40 jaar: Mione Marais.
  • Vroue 41 tot 50 jaar: Brenda Coetzee.
  • Vroue 51 tot 60 jaar: Debra Theron.
  • Vroue 61 tot 70 jaar: Gwyn Guiney.
  • Seuns o.13: JC Coetzer (Otters-swemklub).
  • Mans 14 tot 30 jaar: Len-Douglas Mac Kay (Super Seals).
  • Mans 31 tot 40 jaar: Niel Swart.
  • Mans 41 tot 50 jaar: Abie Opperman.
  • Mans 51 tot 50 jaar: Dirk Hagenmeister.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.