Swemmers ryg medaljes in

Talle swemmers het uitgeblink op vanjaar se Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms wat van 4 tot 7 Desember by die Stadion-swembad in Bloemfontein aangebied is.


Talle swemmers het uitgeblink op vanjaar se Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms wat van 4 tot 7 Desember by die Stadion-swembad in Bloemfontein aangebied is.

Emma Pretorius van die Hoër Meisieskool Oranje het met haar deelname aan tien nommers nege goue medaljes, en een brons, verwerf.

Sy is die Vrystaatse kampioen in haar ouderdomsgroep (o.14) in ses individuele nommers. Sy het ook drie wen-aflosnommers geswem.

Leila Yazbek van Eunice High School het aan 11 nommers deelgeneem en is met 11 medaljes vergoed.

Sy het sewe goue medaljes verwerf: in die 100 m-rugslag, 50 m-vlinderslag, 100 m-vlinderslag, 50 m-vryslag, 100 m-vryslag, 200 m-vryslag en in die 200 m-wisselslag. Sy het silwer gekry in die 50 m-, 100 m- en 200 m-borsslag. Sy het ’n bronsmedalje in die 100 m-rugslag verwerf.

Ander swemmers van Oranje wat medaljes losgeswem het, is:

  • Caleigh de Beer: drie goud, ses silwer en een brons;
  • Ané Snyders: drie goud, twee silwer en een brons;
  • Meandri de Vos: drie goud, twee silwer en een brons;
  • Kate-Lynn de Jager: een goud, drie silwer en een brons;
  • Anja Volschenk: drie silwer en drie brons;
  • Nanette Jordaan: twee silwer en twee brons; en
  • Jana Helman: een silwer en vier brons.

Vier leerlinge aan die Hoërskool Sentraal het rekords verbeter:

  • Christiaan Kotze het die rekord vir seuns o.14 in die 100 m-borsslag verbeter.
  • Phillip le Roux het die rekord in die borsslag vir seuns o.15, 50 m en 100 m, verbeter.
  • Isabelle Vorster was die wenner onder meisies 17 jaar en ouer.

Altesaam het Sentraal se swemmers 74 medaljes op die byeenkoms verwerf.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.