Die 28ste Ysbeertjie-bibberswem-uitdaging gaan vanjaar groter en beter wees.
Felix Burri, wat die swemgeleentheid jaarliks ten bate van liefdadigheidsorganisasies aanbied, sê die reëlingskomitee het besluit om die uitdaging nader aan die publiek te bring.
Die geleentheid vir die Goudvelders vind vanjaar op 24 Junie in die Allemanskraaldam plaas.
Bloemfonteiners kan hulle regmaak om op Saterdag 1 Julie deel te neem by Doringbos, sowat 35 km buite die stad langs die R64, naby die damwal van die Krugersdriftdam.
Daar is ook op 8 Julie ’n swemgeleentheid op die Rogge Cloof-landgoed by Sutherland.
Soos altyd word toegangsgeld – R100 per voertuig, wat by die hekke gehef word – direk aan plaaslike welsynsorganisasies geskenk.
Die geld wat by Doringbos ingesamel word, gaan aan die Therapea-jeugsorgsentrum in Bloemfontein.
Rig navrae oor die swemgeleenthede aan Burri by 082-851-4584.