Swemmers swem hoogste bo seevlak ooit en maak geskiedenis

Die groep swemmers van Madswimmers het die rekordboeke herskryf deur daarin te slaag om op ’n hoogte van 6 405 m in die Himalaja-gebergtes te swem.


Die groep swemmers van Madswimmers het die rekordboeke herskryf deur daarin te slaag om op ’n hoogte van 6 405 m in die Himalaja-gebergtes te swem.

Ná ’n paar uitdagende dae van stap in erge sneeu in die Himalaja het die swemmers dit Vrydagoggend in sonskynweer reggekry om in die hoogste gletser-poel op aarde te swem.

Madswimmer, gestig deur Jean Craven wat in 1990 Grey-kollege in Bloemfontein se skoolkaptein was, het die uitdaging saam met ’n groep mense – waaronder die oudnetbalspeler en aanbieder Vanes-Mari du Toit – aangepak. Dié groep van sewe het met die avontuur geld ingesamel vir die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad, die tiener-onkologie-eenheid by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein en ’n Nepalse liefdadigheidsorganisasie.

“Ek loof die Madswimmerspan vir hul onbaatsugtige opoffering en moed. Hulle plaas hul lewe op die spel om die lewe van tieners met kanker te verbeter. Dit is ’n inspirasie vir ons almal om te sien hoe mense bereid is om soveel te gee vir ’n goeie saak,” het dr. Anton van Aswegen, hoof van neurochirurgie by die Nasionale Hospitaal, gesê.

Prof. Alicia Sherriff, hoof van onkologie, sê sy is baie dankbaar dat hulle veilig is en dat dié swemmers die nuwe draers van die rekord vir Suid-Afrika is.

“Ons hoop om ’n tiener-onkologie-eenheid te stig wat spesifiek in tieners se behoeftes sal voorsien.”

Volg die skakel en maak ’n verskil in ’n tiener met kanker se lewe:https://www.backabuddy.co.za/campaign/swimming-the-himalayas-2024

You need to be Logged In to leave a comment.