ie leerders wat die Vrystaat-Noordkaap verteenwoordig het in die ASSA (Actuarial Society of South Africa) se 2023 South African Mathematics Team Competition (SAMTC), is die volgende vlnr oorste ry vlnr: Helio Chen en Demilade Ogundeji (albei van Grey Kollege), Linée Lubbe (Jim Fouché HS), Lienka Stevens (Eunice HS), Natasha de Waal (Jim Fouché HS) en dr. Elsie Schoombie (organiseerder)in agterste ry:Me. Hermina Oosthuizen (opleiding), Bang-Ting Chang (Ladybrand PS), Konain Ahmed (Grey Kollege), mnr. Hannes van Biljon (opleiding), Tamim Alam (Grey Kollege), Kara Kruger (Fichardtpark PS) en Martin van der Westhuizen (Grey Kolllege). Foto: VerskafDV
Leerlinge wat uitblink in wiskunde het Saterdag 9 September aan die Suid-Afrikaanse wiskunde-spankompetisie in Bloemfontein deelgeneem.
Dié kompetisie is soortgelyk aan interprovinsiale sport-kompetisies, maar net vir wiskunde.
Leerlinge wat vir hierdie spanne gekies word, verwerf provinsiale kleure vir wiskunde-olimpiades.
Leerlinge vanuit die Vrystaat en Noord-Kaap word genooi om hieraan deel te neem. Na aanleiding van hul prestasies in die uitdun-toetse en ook op die dag van die kompetisie self,word die provinsiale spanne gekies.
Die kompetisie het twee afdelings – ’n individuele toets waar leerling op hul eie ’n vraestel beantwoord, en ’n spankompetisie. In die spankompetisie word leerlinge in spanne van tien verdeel wat tien vrae as span moet beantwoord. Die punte van albei afdelings word gebruik om by ’n totale punt vir die span uit te kom.
Die leerders wat die Vrystaat-Noordkaap verteenwoordig het in die ASSA (Actuarial Society of South Africa) se 2023 South African Mathematics Team Competition (SAMTC), is die volgende vlnr in agterste ry:Me. Hermina Oosthuizen (opleiding), Shiloh Smith en Jomarie Siebert (altwee van Jim Fouché HS), Trevor Mudamburi (Bloemfontein HS), Jean de Meyer, Minette Wessels en Josua Deacon (almal van Jim Fouché HS).Voorste ry vlnr: Isabelle Kwakwa en Rethabile Mothobi (albei van St. Michaels), dr. Elsie Schoombie (organsieerder), Miené Spies (Jim Fouché HS), en Vera Chen (Eunice HS).Afwesig op die foto is die twee reserwes Chenique Erasmus en Nellmari Maartens, albei van Jim Fouche HS.Foto: Verskaf
Hierdie jaar het die Vrystaat en Noord-Kaap gesamentlik twee junior (gr. 7 tot gr. 9) en een senior span (gr. 10 tot matriek) gehad.
In die junior-afdeling het die A-span agtste gekom en die B-span 17de uit ’n totaal van 39 deelnemende spanne.
In die senior-afdeling het die Vrystaat-Noord-Kaap-span 12de gekom uit 33 spanne.
Dr. Elsie Schoombie koördineer die spanne van die Vrystaat en Noord-Kaap. Hannes van Biljon en Hermina Oosthuizen rig die junior span af, en Jon Smit en prof. Johan Meyer die senior span.
Die uitduntoetse is opgestel deur Meyer en dr. Anelize van Biljon.
Marthinus Schoombie het ook met die naweek se reëlings gehelp.
Die leerlinge wat die Vrystaat-Noordkaap verteenwoordig het in die Actuarial Society of South Africa (Assa) se 2023 Suid-Afrikaanse wiskunde-spankompetisie (SAMTC), is van links: Sasha Steenbok (St. Michael-skool), Shanique Jansen van Rensburg en Jaco Deysel (albei van Hoërskool Jim Fouché), dr. Elsie Schoombie (organiseerder), Gerhard van den Berg (Hoërskool Jim Fouché), Itumeleng Semoli (St. Michael-skool), Jon Smit (opleiding), Mengo Chen (St. Andrew-skool), Lindsey Neveling (Hoërskool Jim Fouché), Tebogo Thobane (St. Michael-skool), Skyler Wongfatt en Palesa Tshipo (albei van St. Patrick-kollege (CBC) Kimberley) en prof. Johan Meyer (opleiding en konsultasie).Foto: Verskaf