Die Ou Presidensie- Historiese Vereniging hou op Woensdag 14 Augustus ’n kranslegging by die graf van D.F. du Toit (1846-1923), beter bekend as Oom Lokomotief. Die lewe en werk van dié taalheld word op Afrikaanse Taaldag herdenk.
Belangstellendes wat die besoek wil meemaak, moet Lambertus van Rensburg teen Saterdag by 072-418-8665 bel.