Taekwondo-kampioenskap in Bfn aangebied

Bloemfonteiner Rohan Verwey is een van twee Suid-Afrikaanse meester-benoemdes om op die Songahm Taekwondo-werk­sessie in Oktober as meester in dié sportsoort te kwalifiseer.


Bloemfonteiner Rohan Verwey is een van twee Suid-Afrikaanse meester-benoemdes om op die Songahm Taekwondo-werk­sessie in Oktober as meester in dié sportsoort te kwalifiseer.

Die meester Jesse Isaacs, wat ’n 7de dan in Taekwondo het, kom van Amerika om ’n werksessie aan te bied en die beoordeling te doen.

Die werksessie is deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Songahm Taekwondo-kampioenskap wat van 6 tot 9 Oktober by Grey-kollege aangebied word.

Verwey, 6de dan, sê dit is die eerste keer dat die nasionale kampioenskap in Bloemfontein aangebied word nadat deelname aan dié sportsoort in 2016 hier begin het. Talle van die karatekas van die Rohan Verwey Martial Arts-klub (RVMA) gaan aan die kampioenskap deelneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.