Leerlinge aan die Hoërskool Sentraal hier by Vicu­s Nkoe, inwoner van die Jean Webber-huis, is van links Lizanne Muller, Lize Botha en AJ Lups.Foto: Verskaf


Die ATKV-gemeenskapsteatertak beplan kliphard aan sy #weesdieverskil-fees op 3 Desember.

As deel van die voorafgaande projekte het die ATKV-tak Tralie Jeug van die Hoërskool Sentraal toiletware ingesamel en op Dinsdag 8 November aan inwoners van die Jean Webber-huis vir mense met gestremdhede, gaan oorhandig.

Die #weesdieverskil-fees gaan ’n daglange fees op die terrein van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke wees. Die fees word ten bate van die Jean Webber-huis aangebied en sluit ’n verskeidenheid aktiwiteite in.

Die toegang tot die fees is R10 en toegang vir kinders 12 jaar en jonger is gratis. Die oggend begin met ’n pretdraf om 07:00 en daarna open die hekke om 08:00 vir ’n Kersmark.

Boeresport vind om 09:00 plaas. Bespreek vooraf daarvoor by 082-564-2114.

’n Kersspel Wie is Jesus nou eintlik? word om 10:00 in die amfiteater opgevoer en word om 16:30 herhaal.

’n Poppekas en boekbekendstelling deur PuppeTrix vind om 11:00 in die amfiteater plaas.

Kerssang by kerslig vind om 18:00 in die amfiteater plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.