Voorstelle vir die jaarlikse Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) is deur AfriForum-takke in Bloemfontein by die Mangaung-metro ingedien.
Dié voorstelle is gemaak om die vullisterreine, waterwerke, paaie, parke, straatligte en riolering op te gradeer en in stand te hou. Vullis moet ook gereeld verwyder word, soos metro-regulasies voorskryf.
Die takke wat hul GOP-voorstelle ingedien het, bedien ook groter omliggende buurte, soos Rayton-Heuwelsig, Bloemfontein-Noord, Langenhovenpark, Wilgehof, Pellissier, Fichardtpark, Uitsig, Hospitaalpark en Leeuwberg. Die takke in Boshof, Dealesville, Hertzogville en Zastron het ook voorstelle ingedien.
“Dit is belangrik dat takke aan die GOP-proses deelneem om hierdie voorstelle in te dien wat tot ontwikkeling in ons gemeenskappe sal bydra.
“Ons kan nie net terugsit en wag dat Bloemfontein totaal verval nie,” sê Christo Groenewald, distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

