Die ATKV-tak Gemeenskapsteater bied die Sprankeltyd-eisteddfod vir mense met geestesgestremdhede aan.

Die Sprankeltyd-eisteddfod bied aan mense met gestremdhede die geleentheid om hul talente op ’n veilige platform te kom uitleef.

Verlede jaar se geleentheid het die beoordelaars en toeskouers verstom gelaat oor die talent onder hierdie gemarginaliseerde groep mense binne die samelewing.

Deelnemers kan hierdie jaar weer aan drie kunsvorme – dans, drama en musiek – deelneem, met afdelings vir deelnemers in laerskool, dié in hoërskool en volwassenes.

Ebeth Wilson van die ATKV-tak nooi die publiek om hierdie jaar die eisteddfod by te woon en die talente van hierdie besonderse groep mense te kom geniet en waardeer.

Toegang kos R20, met kaartjies wat by die deur beskikbaar sal wees.

Die Sprankeltyd-eisteddfod vind Woensdag 28 Augustus van 09:00 af by die Pacofs-teater in Studio 2 plaas. Gebruik die ingang in Eerstelaan en volg die aanwysings tot by Studio 2 op die eerste verdieping.

You need to be Logged In to leave a comment.