Talle wen skoutoegang

Bloemskou is hier! Die bekendstelling van al die pret en plesier van Bloemskou wat vandag begin, is op Woensdag 17 April met ’n geselligheid by Urth in Bloemfontein gevier.


Die Bloemskouprogram is Woensdag 17 April op ’n geselligheid tydens ’n veeltalige program bekend gestel. Hier is van links Antonios Andreanidis (Grieks), Domingas Sindongo (Portutees), Lohan Maree (Afrikaans), Bonolo Maloka (Sotho), Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof: Bloemskou) en Luigi Florio (Italiaans). Foto: Verskaf

Bloemskou is hier! Die bekendstelling van al die pret en plesier van Bloemskou wat vandag begin, is op Woensdag 17 April met ’n geselligheid by Urth in Bloemfontein gevier.

Intussen is daar talle wenners aangewys wat kaartjies gewen het vir vanjaar se Bloemskou.

Die wenner van BloemNuusen Bloemskou se koerantrok-kompetisie is Karla van Rooyen van die Laer Meisieskool Oranje.Foto’s: Verskaf

Mieke Lombard van die Laerskool Jim Fouché het die tweede prys in BloemNuus en Bloemskou se koerantrok­kompetisie behaal.

Mia Campher van die Laerskool Universitas (Tjokkies), het met haar koerantrok die derde plek in BloemNuus en Bloemskou se kompetisie losgeslaan.

Meisies het die kreatiefste koerantrokke gemaak en dit aangetrek en ’n foto ingestuur as inskrywing vir ’n kompetisie van BloemNuus en Bloemskou.

Met haar oulike uitrusting wat ’n rok en hooftooisel insluit, wen Karla van Rooyen, ’n gr. 4-leerling aan die Laer Meisieskool Oranje, vier kaartjies vir haar en haar gesin vir vanjaar se Bloemskou.

Die tweede prys gaan aan Mieke Lombard, ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Jim Fouché. Sy wen twee kaartjies vir Bloemskou.

Mia Campher, ’n gr. 6-leerling aan die Laerskool Universitas (Tjokkies) wen die derde prys van een kaartjie vir Bloemskou.

Meer as 1 000 laerskool-leerlinge oor Bloemfontein heen het ook ingeskryf vir BloemNuusen Bloemskou se inkleurkompetisie.

Die wenners in die twee afdelings wen elk vier kaartjies vir Bloemskou.

Die wenner vir die afdeling vir leerlinge gr. 1 tot gr. 3 is Hlompho Mokoena van die Laerskool Brandwag. Hlompho, ’n gr. 1-leerling, wen vir haar gesin vier kaartjies vir Bloemskou, wat hulle op enige dag van 25 April tot 4 Mei kan gebruik vir toegang.

Bloemskou

Die wenner vir die afdeling vir leerlinge gr.?1 tot gr.?3 is Hlompho Mokoena van die Laerskool Brandwag. Hlompho, ’n gr.?1-leerling, wen vir haar gesin vier kaartjies vir Bloemskou.

Die wenner in die afdeling vir gr. 4 tot gr. 7 is Jermaine Messelaar, ’n gr. 6-leerling van die Roseview Primary School. Hy wen ook vier kaartjies vir hom en sy gesin vir Bloemskou.

Die wenners se kaartjies is by BloemNuus se kantore in Westdene beskikbaar.

Gaan kyk na die top-inskrywings vir die inkleurkompetisie op BloemNuusse Facebook-blad.

Bloemskou

Die wenner in BloemNuus en Bloemskou se Inkleurkompetisie in die afdeling vir gr.?4 tot gr.?7 is Jermaine Messelaar, ’n gr.?6-leerling van die Roseview Primary School. Hy wen ook vier kaartjies vir hom en sy gesin vir Bloemskou.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.