Die troostante Elize Parker met haar boek Seks, skoonma’s en skuld.Foto: Lientjie Mentz


Liewe Elize het haar deur jare se verslaggewing oor verhoudings vir tydskrifte soos Lééf met hart en siel en Sarie, asook troostante-raad in Huisgenoot, laat lei deur die inhoud van haar nuutste boek: Seks, skoonma’s en skuld.

Oud-Bloemfonteiner Elize Parker het al meer as 40 boeke oor ’n wye reeks onderwerpe en genres geskryf. Sy beskryf Seks, skoonma’s en skuld as ’n opsomming van die drie onderwerpe waaroor lesers haar die meeste uitgevra het in haar tyd as troos­tante.

Parker, wat in die Meisieskool Oranje was en 24 jaar in die stad gewoon het – onder meer toe sy aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) klasgegee het – het onlangs in Bloemfontein by familie gekuier. Sy het dié tyd gebruik om hier oor die troos­tante se gids te gesels .

“Ek wou graag ’n bekostigbare gids skryf wat tot ’n wye verskeidenheid probleme spreek.”

Sy sê sy het juis weggebly van ’n vraag-antwoord-scenario.

“In Liewe Elize het ek spesifieke mense se vrae geantwoord, terwyl Seks, skoonma’s en skuld gemik is op probleme wat baie opgeduik het.”

Sy sê oor die jare heen het die basiese kwessies dieselfde gebly, maar ook nuwe probleme het ontstaan weens onder meer tegnologie en die invloed wat dit op verhoudings het.

Elize sê die een ding wat sy vir mense met ver­houdingsprobleme kan sê, is dat daar goeie wetgewing is om mense te beskerm.

In die gids deel Elize raad vir diegene wat hul verhoudings op ’n praktiese en volhoubare manier wil dokter.

Haar raad kom uit jare se persoonlike ondervinding, vermeng met die raad van talle kundiges oor die land heen.

  • Twee lesers kan ’n kopie van Seks, skoonma’s en skuldwen.

Besoek Bloemnuus se Facebook-blad om in aanmerking te kom vir hierdie kompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.