Teenstanders hiér oorweldig

Grey-kollege se o.17A-rugbyspan was die naweek van 7 September die kampioenspan in die Noordwes-Universiteit (NWU) se Prestige Sevens-rugbytoernooi wat in Potchefstroom aangebied is.


Grey-kollege se o.17A-rugbyspan was die naweek van 7 September die kampioenspan in die Noordwes-Universiteit (NWU) se Prestige Sevens-rugbytoernooi wat in Potchefstroom aangebied is.

Dié span het die spanne van Paul Roos Gimnasium, Boland Landbou, Westville Boys’ High, Durban High School, die Hoërskool Waterkloof, die Hoërskool Wesvalia, die Hoërskool Rustenburg en Welkom-Gimnasium geklop voordat hy in die eindstryd teen die Hoërskool Nelspruit te staan gekom het.

AJ Booysen is as die speler van dié wedstryd aangewys, asook die speler van die toernooi.

Hy en Lamla Mgedezi is in die Dream Team ingesluit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.