Donna le Roux is op pad om Suid-Afrika in die buiteland te gaan verteenwoordig.
Dié tennisspeler van die Hoër Meisieskool Oranje is gekies vir die Suid-Afrikaanse o.18-span wat in Februarie aan die Afrika- junior kampioenskap in Egipte gaan deelneem.
Donna is die nasionale o.16-enkelspelkampioen, en sy het ook in 2022 vir die Suid-Afrikaanse o.16-tennisspan in Harare gespeel.