Die spanne van die Laer Meisieskool Oranje en Grey-kollege ná die Rising Star-eindstryde is van links Lika Claassens, Hannes Peyper, Inge Ferreira, Jovan Mandic, Mandie Claassens, Frederich Hefer, Yana Olivier en Nathan Herbert.Foto: Verskaf


Die Bloemfonteinse spanne van die Laer Meisieskool Oranje en Grey-kollege (primêr) het die naweek koning gekraai in die eindstryd van die Rising Star-tennis­reeks, wat in Polokwane beslis is.

Dit span die kroon op die prestasie van dié spanne, wat al heeljaar uitstekend vaar.

Oranje se span het ook Truida Kestell se o.13-toernooi, die Amanda Coetzer-toernooi vir laerskole en die Gerrie Berner-toernooi gewen.

Grey se o.13A-span is vanjaar onoorwonne. Die span het die Laerskool Park-tennistoernooi in Mosselbaai gewen nadat die eerste span in die eindstryd teen Grey se tweede span gespeel het.

Grey A het ook die Limodo-laerskole-tennistoernooi in Bethlehem gewen.

Dié span het ook die A-liga van die Mangaung-laerskole-liga gewen. Oranje het in die seuns A-afdeling in dié liga gespeel en het slegs teen die A-span van Grey verloor.

Dit is Grey se derde oorwinning in die Rising Star-reeks, met oorwinnings wat ook in 2020 en 2021 behaal is.

You need to be Logged In to leave a comment.