Alle oë is dié week op Bloemfonteiner Donna le Roux van die Hoër Meisieskool Oranje wat verlede jaar die o.16-naaswenner in die Nasionale Junior-tenniskampioenskap was en saam met die beste junior spelers saamtrek om van Donderdag af aan dié toernooi in Bloemfontein deel te neem.
Tennisspelers van oor die land heen het begin speel in dié toernooi wat tot 11 April aan die kampioenskap deelneem.
Daar sal 490 junior tennis-spelers in vier ouderdomsgroepe aan die kampioenskap deelneem.
Die o.12-groep speel op die tennisbane van Grey-kollege en Eunice en o.14-groepe speel op die bane van die Universiteit van die Vrystaat.
Die o.16- en o.18-spanne gaan op die Vrystaat-stadion speel. Al die finale van die verskillende ouderdomsgroepe word op 11 April by die Vrystaat-stadion plaasvind.
Dié toernooi volg op die Vrystaat Growhtpoint Super 8 wat Vrydag (31/03) begin het. Die finale wedstryd van dié toernooi is op 5 April.
Gavin Crookes, president van Tennis Suid-Afrika (TSA), sê hierdie toernooie is belangrik vir die ontwikkeling en bevordering van tennis in die land.
Crookes sê Bloemfontein is die ideale bestemming vir dié groot kampioenskap. “Ons het Bloemfontein gekies vir die Junior-kampioenskap omdat dit fantastiese tennisbane het en volop, billike akkommosasie.”