Die tenoor Charl Schabort lewer op Donderdag 24 Februarie om 19:00 ’n sangoptrede in die NG kerk Hugenoot. Heinrich Lategan, dirigent van die Rhapsody-orkes, sal hom op die klavier begelei.

Konsertgangers kan liedjies soos “Streets of London”, “Some Enchanted Evening”, “Wien du Stadt Meiner Träume”, “Granada” en “On the Road to Mandalay” verwag.

Schabort sal homself op die kitaar begelei met liedjies soos “Ou Karooland” en “Al lê die berge nog so blou”.

Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner in Langenhovenpark en Crazy Daisy in die Fleurdal-winkelsentrum beskikbaar.

Belangstellendes kan 072-271-5610 skakel om plek te bespreek of meer inligting te bekom.

  • Schabort het aan die Hoërskool Sand du Plessis matrikuleer en ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch studeer, waarna hy in Engeland gaan werk het.

Met sy terugkoms in die land het hy homself as onderwyser bekwaam en ’n paar jaar lank in dié beroep gewerk.

Oor die jare het hy sanglesse by Hannah van Niekerk, Alida van der Walt en Violina Anguelov geneem.

Hy bespeel ook die kitaar en skryf sy eie liedjies.

Schabort het al op verskeie gesellighede en kerkgeleenthede opgetree, en enkele van sy eie vertonings in Bloemfontein, Pretoria en Kaapstad gehou.

In 2012 het hy ’n CD met ligte musiek uitgereik.

You need to be Logged In to leave a comment.