Terapeute saal die regte perd op

Winston Churchill het gesê daar is iets omtrent die buitekant van ’n perd wat goed is vir die binnekant van ’n mens.


Winston Churchill het gesê daar is iets omtrent die buitekant van ’n perd wat goed is vir die binnekant van ’n mens.

Die waarde van perde-terapie word reeds jare lank wyd toegepas, maar is nie algemeen so bekend nie.

Cha-Nene Vorster en dr. Yvonne Lane van Equine Experience het ’n klein groep maatskaplike werkers van Bloemfontein meer oor perdeterapie geleer en hoe hulle dit in die praktyk by hul terapie kan inkorporeer.

Vorster verduidelik dit is ’n aktiwiteit-gebaseerde benadering om persoonlike groei te bevorder.

Deelnemers ry nie op die perde nie, maar fokus op teenwoordigheid, aandag en bewustheid (“mindfulness”).

Die doel van die sessies is om die maatskaplike werkers bewus te maak van die voordele van perdeterapie en in watter situasies dit waardevol is.

Deelnemers kon eerstehands die magiese ondervinding van interaksie met perde beleef.

Vorster verduidelik die ervaring is vir mense van alle ouderdomme, vir individue, paartjies, ’n familie, korporatiewe groepe en vir spanbou.

Daar is ook baie voordele vir kinders met spesiale behoeftes, asook mense met gestremdhede.

Rig navrae deur ’n e-pos na chanene21@gmail.com te stuur.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.