Louzanne Coetzee (regs) is op Dinsdag 10 September met ’n helde-ontvangs by die Bram Fischer-lughawe in Bloemfontein terugverwelkom van die Paralimpiese Spele wat in Parys, Frankryk, aangebied is. Sy en haar kortafstandgids, Estean Badenhorst (links), het op 2 September ’n bronsmedalje in die 1 500 m (T11-klas) verower, en sy het haar persoonlike beste tyd van 04:35.49 opgestel. Estean het vroeër teruggevlieg. Louzanne se man, Juandré Badenhorst, Estean se broer, asook studente van Huis Akasia en personeel van KovsieSport by die Universiteit van die Vrystaat (UV), vriende en die media het Louzanne en Claus Kempen, Louzanne se gids in die marathon, op die lughawe verwelkom. Louzanne en Claus het op Sondag 7 September aan die Paralimpiese marathon (T11/12) deelgeneem en ’n sewende plek in ’n tyd van 3:25:53 behaal. In die Paralimpiese Spele in Tokio in 2021 het Louzanne en Claus ’n wêreldrekord en Paralimpiese rekord in die T11-afdeling van die marathon (3:11:13) opgestel wat steeds staan.Foto: Lientjie Mentz