Die musikale komedie Waaihoek se Vinkel en Koljander is van 18 tot 20 Augustus in die André Huguenet-teater te sien.
Dit handel oor die ou Waaihoek-woonbuurt en sy geskiedenis tydens die jare 1950’s.
Die produksie, geskryf deur prof. Nico Luwes, handel oor die tweelingbroers Vinkel en Koljander wie se paaie as 6sesjariges geskei het en nou albei Vinkel heet. Oupa Harlekyn het Vinkel per ongeluk in die kompartement van ’n trein na Kaapstad gelos. Hy het as jong seun in Bloemfontein aangekom waar antie Girt van Waaihoek hom as haar eie aangeneem het.
Daar volg histeriese misverstande, deurgewerk met plaaslike liedjies in die 1950-styl. Die dialoog en liedjies is ’n mengsel van Afrikaans en plaaslike dialekte.
- Waaihoek is die ou grys gebied van Bloemfontein waar die South African Native National Congress (SANNC) in 1912 gestig is.
Waaihoek se Vinkel en Koljander vertel die verhaal van ’n gebied wat in die jare vyftig1950 deur mense van alle rasse bewoon is voordat mense oor die spoorwegbrug na Heidedal verskuif is.
Dit is ’n musikale komedie wat daardie tye herbesoek, met plaaslike akteurs wat dié storie vertel. Die musikale regisseur is Angelo Mockie en professionele sangers van Heidedal is ook op die verhoog te sien.
Die stuk word tot Saterdag (20/08) elke aand om 18:30 opgevoer.
Kaartjies kos R100 en is by Pacofs se kantore beskikbaar.