BloemNuus het ‘n bydrae gelewer tot die Lettie Fouché- Spesiale Skool se Tops&Tags-projek, waardeur veral koeldrankdoppies ingesamel word om vir een leerling ‘n nuwe rolstoel te koop. Saam met leerlinge van die skool op die oorhandiging is van links, voor: Elmarie Potgieter (Lettie Fouché) en Inge Strydom (BloemNuus); middel: Alexander Jordaan (skoolhoof), Madré Marais (BloemNuus) en Shirwan Newton (BloemNuus). Foto: Lientjie Mentz

Met iets so eenvoudig soos om koeldrankbottel-doppies en broodsakkieknippies bymekaar te maak, kan een leerling se lewe verbeter word.

BloemNuus versamel nou al ‘n tweede jaar agtereenvolgens plastiekdoppies en -knippies in ‘n krat in sy subkantoor. Vanjaar is dié plastiek aan die Lettie Fouché- Spesiale Skool geskenk.

Lede van die redaksiespan het die skool op Donderdag 22 Mei besoek en drie sakke hiervan aan Ilze van Zyl en die skoolhoof, Alexander Jordaan, oorhandig.

‘n Leerling van Lettie Fouché is gekies om deur die Tops&Tags-projek van die SweetHearts-stigting eindelik ‘n nuwe rolstoel te bekom. Die projek maak dit moontlik dat plastiek in ruil vir rolstoele gegee word, en ongeveer 13 422kg doppies en

2 684kg knippies moet ingesamel word om vir die leerling ‘n rolstoel van R26 844 te kan koop.

Volgens sweetheartsfoundation.org is reeds 560 rolstoele aan behoeftiges oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.