Bloemnuus
se personeel wens al sy lesers en adverteerders ’n rustige en geseënde Kerstyd toe, asook ’n opwindende, voorspoedige en vreugdevolle 2023.
Dit is die laaste gedrukte Bloemnuusvir 2022, maar hou gerus Bloemnuus se landingsblad dop deur te gaan na netwerk24.com – klik op “Streeksnuus” boaan die blad en kies Bloemnuus – op die rekenaar, of klik op “vind als” op Netwerk24 se toepassing op ’n slimfoon en blaai tot by die gemeenskapskoerante heel onder.
Dit is nie nodig om ’n intekenaar op Netwerk24 te wees om Bloemnuusaanlyn te lees en die berigte wat daagliks daar verskyn te deel nie.
Die eerste gedrukte uitgawe van Bloemnuusvir 2023 verskyn op Donderdag 12 Januarie.