Die Preprimêre Skool Universitas (Tjokkies) het op 13 Mei sy 25ste gholfdag op die Bloemfontein-gholfbaan aangebied.
Dit is een van die gewilde gholfdae op Bloemfontein se kalender, en sewe van vanjaar se spelers het al meer as 20 keer aan hierdie dag deelgeneem.
Vanjaar se wenners was Marco Markgraaff en Dean Ririe.
Die aanbieding van so ’n dag maak sterk op borge en ondersteuners staat.