Die Vrystaters het talle plekke tydens die onlangse Interprovinsiale Mensereddingskampioenskappe in Stellenbosch en in die Strand behaal.
Len-Douglas Mac Kay van die Hoërskool Jim Fouché, wat en lid van die Proteaspanis, het aan die kampioenskap op 6 en 7 Augustus, as oefenkamp deelgeneem.
Die span gaan in September aan die wêreldkampioenskap in Italië deelneem.
Annie de Villiers en Anke van der Poel was tweede in die items meisies 14 tot 18 jaar-lyngooi item vir meisies.
Liam Nieuwoudt en Bernard Mac Kay was tweede in dié item vir seuns 14 tot 18 jaar.
Die meisiespan (14 tot 18 jaar) was vierde in die 4 x 50 m-wisselslag-aflos, en ook in die 4 x 50 m-swembad-menseredder-afdeling. en
Anke was eerste in haar afdeling in die mannekynbuis-kompetisie.
Derick Kotzé het in die afdeling 12 tot 13 jaar deelgeneem. Hy was eerste in die 100 m-mannekyn met vinne, eerste met die 100 m-supertjokker-resies, tweede in die 100 m-reddingwisselslag (tjokkerswem), derde in die 50 m-mannekyndra en vierde in die 100 m-hindernis-tjokkerswem.