Bloemfonteinse tennisbane word in die loop van die week weer warm gespeel, met drie toernooie wat in die vakansie in die stad aangebied word.
Die Suid-Afrikaanse Skoletenniskampioenskapsbyeenkoms vir o.13-spelers het Sondag (26/03) begin, en die eindstryde is Woensdag (29/03) op die Vrystaat-tennisbane gespeel.
Die kampioenskap word in spanverband beslis, met die verteenwoordiging vir die Vrystaat wat uit ’n seuns- en meisiespan van ses spelers elk bestaan.
Spelers uit altesaam 15 streke het aan die kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem.
Vrydag (31/03) begin die Growthpoint- Super 8-tenniskampioenskap, wat gevolg sal word deur die Suid-Afrikaanse junior tenniskampioenskap vir die 64 topgekeurde spelers in die land.