Toneelstuk kan kerk se dak reg laat timmer

Die Gereformeerde kerk Bloem­fontein-Noord in Kiplingstraat bied op Vrydag 22 September die bekende klugtige toneelstuk Dinner for One en Sopper vir een aan vir geld­insameling sodat onder meer herstelwerk aan die kerkgebou se dak gedoen kan word.


Die Gereformeerde kerk Bloem­fontein-Noord in Kiplingstraat bied op Vrydag 22 September die bekende klugtige toneelstuk Dinner for Oneen Sopper vir eenaan vir geld­insameling sodat onder meer herstelwerk aan die kerkgebou se dak gedoen kan word.

Die kerk, wat in 1961 gestig is, vier vanjaar sy 62ste bestaansjaar.

Veral met die afgelope jare se milde reën het die kerkgebou se dak begin lek, en dakteëls moet na aanleiding hiervan vervang word.

As bydrae hiertoe, bied die kerk twee vertonings van Dinner for Oneen Sopper vir eenin die ouditorium van die Doxa Deo-kerk by Van Iddekinge-laan 29 in Fichardtpark aan.

Die vertonings begin om 16:00 en 18:30.

Elma Potgieter en Justin Strydom speel in die toneelstuk, wat deur Frans Swart geregisseer word.

Kaartjies is teen R180 by die kerk beskikbaar, of teen R220 op ltickets.co.za of dinnerforone.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.