Top-tweekamp-atlete tree aan in Bfn

Sowat 1 200 atlete van oor die land heen trek die naweek in Bloemfontein saam vir die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms.


Sowat 1 200 atlete van oor die land heen trek die naweek in Bloemfontein saam vir die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms.

Archie Markgraaff, voorsitter van Suid-Vrystaat Tweekamp, sê hulle verwag sowat 3 500 toeskouers op die byeenkoms wat op Vrydag 29 Maart en Saterdag by die Stadion-swembad en die Mangaung-atletiekbaan aangebied word.

Atlete in ouderdoms­groepe van nege jaar tot meesters (van 27 jaar en ouer) uit 14 streke gaan aan die byeenkoms deelneem. Hiervan is 118 Vrystaters.

Markgraaff en mede-Bloemfontein-atleet Lynette Fischer ding in die meestersafdeling mee en hoop om goeie tye te behaal.

Hy sê die nasionale byeenkoms is in 2016 laas in Bloemfontein aangebied.

“Ons sien daarna uit om van die beste tweekamp-atlete oor die land heen in Bloemfontein te ver­welkom,” sê hy.

Die prysuitdeling vind Saterdag op ’n gala-aand op Bloemskou se terrrein plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.