Topmatrieks kry verdiende klop op skouer

Die finaliste in 2023 se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is Vrydag 9 Februarie by die Universiteit van die Vrystaat welkom geheet.


Die finaliste in 2023 se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is Vrydag 9 Februarie by die Universiteit van die Vrystaat welkom geheet.

“Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal vir julle ruimte bied om in te groei, maar elkeen van julle se persoonlike groei sal van julself afhang.”

Dit was die boodskap van prof. Francis Petersen, visekanselier en rektor van die UV, aan 16 topkandidate.

Die kompetisie word aangebied deur die UV, Netwerk24 en Volksblad.

Die Kovsie-alumnitrust (KAT), ’n hoofborg van die kompetisie, het Vrydagaand die presteerders op die kampus verwelkom.

Etlike oud-Kovsies, verteenwoordigers van die kompetisieborge (Absa, Mazars en Pick n Pay) en die UV het die geleentheid in die Eeufeeskompleks op die UV-kampus bygewoon.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.