Topmatrikulant aangekondig

’n Leerling aan die Futurum Akademie buite Jan Kempdorp, Michael de Bruyn, is Dinsdag as Volksblad/Netwerk24 en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die jaar aangewys.


’n Leerling aan die Futurum Akademie buite Jan Kempdorp, Michael de Bruyn, is Dinsdag as Volksblad/Netwerk24 en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die jaar aangewys.

Hy is die 42ste wenner van dié kompetisie, wat in 1981 as die Matrieknooi-kompetisie begin het. Die naam is in 1997 na Matrikulant van die jaar verander om ook seuns in te sluit.

Op die glansgeleentheid wat by Monte Bello aangebied is, is die 14 topmatrieks in vanjaar se kompetisie vereer.

Michael wen R25 000 kontant en R12 000 in beurse van die UV.

Renienke van Heerden van die Hoërskool Jim Fouché is deur die ander finaliste aangewys as die Vonkelpersoonlikheid.

Ilke de Klerk van die Goudveld-Hoërskool in Welkom is vereer vir beste prestasie in sport. Sy het R5 000 van die Kovsie Alumnitrust gewen.

Twee leerlinge is vanjaar vereer vir hul kultuurprestasie in musiek. Hulle is Karli Janeke van St. Dunstan’s College in Benoni en Elizabeth Joubert van die Hoër Meisieskool Oranje.

Hulle het elk R5 000 van die Kovsie Alumnitrust ontvang.

Die ander finaliste wat op die glansgeleentheid was, is Elke du Plessis van Eunice High School; Miya Jordaan van die Hoërskool Trio in Kroonstad; Cilethe Julies van die Hoërskool Fichardtpark; Reikantse Manska van Eunice; Thunica McAnda, ook van Eunice; Miané Smit van Oranje; Marlé van der Merwe van Jim Fouché; Mckyla van der Walt van die Hoërskool Fichardtpark; en Franco van Heerden van die Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus.

Michael de Bruyn is die 42stewenner van dié kompetisie, wat in 1981 ontstaan het.

You need to be Logged In to leave a comment.