Die beste onderwysers en skole in die Mangaung-metro is tydens ’n geselligheid van die Vrystaatse departement onderwys aangewys.
’n Geselligheid is op Saterdag 22 Februarie by die Lenyora la Thuto Comprehensive School in Botshabelo aangebied.
Die hoërskole in die metro wat almal ’n 100% slaagsyfer behaal het, is die Academy of Excellence, die Hoër Meisiekool Oranje, die Christiaan de Wet Combined School, die Christian Brother’s College, die Commtech Comprehensive School, die Eunice High School, Hoërskool Fichardtpark, Hoërskool Jim Fouché, die Kgauho Sekondêre Skool, die Kyrios Independent Combined School, Rosenhof Spesiale Skool, Sediti Secondary School, Hoërskool Sentraal, St. Andrews Skool en St. Michael Skool.
Die topskool wat betref wiskunde en wetenskap in kwintiel 4 en 5 is die Eunice High School.
Die Laerskool Willem Postma is aangewys as die beste laerskool op grond van moedertaal en wiskunde. Hulle word gevolg deur Grey-kollege (primêr), Laer Meisieskool Oranje, Eunice Primary School en die Laerskool Fichardtpark.