Topspel wag

’n Bedrywige jaar lê voor vir die Hoër Meisieskool Oranje se netbalspeler Karla Victor.


’n Bedrywige jaar lê voor vir die Hoër Meisieskool Oranje se netbalspeler Karla Victor.

Sy was verlede jaar die kaptein van Oranje se o.19A-span en is pas ingesluit in die Suid-Afrikaanse o.21-span wat in Maart in die Afrika-kwalifiseringstoernooi in Pretoria gaan speel.

Sy is ook ingesluit in die voorlopige Suid-Afrikaanse span wat in 2025 aan die o.21-wêreldbekertoernooi gaan deelneem.

Karla was ’n lid van die Suid-Afrikaanse o.18-Fast5-netbalspan wat verlede jaar in Augustus ’n silwermedalje op die Jeug-Statebondspele in Trinidad en Tobago verower het.

You need to be Logged In to leave a comment.