Bfn-atleet verbeter rekords in Swede

Bloemfonteiner Lynette Fischer het einde verlede week teruggekeer van die wêreld-meestersatletiek­byeenkoms in Gothenburg, Swede, waar sy ’n silwermedalje verwerf het en ’n Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 2 000 m-hinderniswedloop verbeter het


Bloemfonteiner Lynette Fischer het einde verlede week teruggekeer van die wêreld-meestersatletiek­byeenkoms in Gothenburg, Swede, waar sy ’n silwermedalje verwerf het en ’n Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 2 000 m-hinderniswedloop verbeter het.

Sy was een van 8 000 atlete uit 53 lande, van 35 jaar tot ouer as 80 jaar, wat aan die meestersbyeenkoms van 13 tot 25 Augustus deelgeneem het.

Fischer was die enigste Bloemfonteiner op die byeenkoms en het op die eerste dag deelgeneem. Altesaam 11 vroue tussen die ouderdom van 65 en 69 het hulle vir dié hindernis­wedloop ingeskryf, en Fischer sê daar was goeie kompetisie – wat haar aangespoor het om beter tye te behaal.

Die vorige Suid-Afrikaanse rekord vir die nommer was 10:32, en die Afrika-rekord was 10:42. Lynette se tyd was 09:55.75.

Dit was drie sekondes stadiger as die wenner van Amerika, Cheryl Bellaire, wat die nommer in 09:52.05 gewen het. Angeles Rodriguez Del Rio van Spanje was derde met 10:13.87.

“Ek sal graag my tyd in die nabye toekoms verder wil verbeter,” het Fischer gesê.

Meer as 800 atlete van Amerika het aan die byeenkoms deelgeneem, en 50 atlete van Suid-Afrika het hul land daar verteen­woordig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.