DIE Hoërskool Sentraal kan homself vir die volgende drie maande as die naasbeste skolenetbalspan in die land reken.
Dit nadat hy Maandag as die naaswenner in die Wildeklawer-toernooi geëindig het.
Al die land se beste netbalspanne was in Kimberley in aksie.
Die amptelike Suid-Afrikaanse skolekampioenskap vind in Augustus plaas.
Tralies het ondanks ’n nederlaag (24-25) teen Paarl-Gimnasium steeds eerste in sy groep klaargemaak danksy oortuigende oorwinnings oor Menlopark (29-15) en Diamantveld (34-16).
’n Sege van 26-23 oor die HTS Middelburg in ’n uitspeelstryd het die span van die Rosestad Maandag saam met Stellenberg en ’n Wildeklawer-uitnodigingspan om die kroon laat uitspeel.
Nadat Tralies oor die Wildeklawer-span, bestaande uit onder andere spelers wat in 2014 vir die Suid-Afrikaanse o.17-span gekies is, koning gekraai het (35-31), het hulle oor die laaste hekkie gestruikel toe die eindelike kampioenspan van Kaapstad, Stellenberg, die stryd om die kroon met 57-41 gewen het.
Tralies was verlede jaar vierde.S Op die rugbyveld het die twee Bloemfonteinse skole Grey-kollege en HTS Louis Botha gemengde welslae behaal.
Grey het sy eerste nederlaag nog in die geskiedenis van die toernooi gely toe hy in die donker met 7-17 teen die Hoërskool Monument van Krugersdorp vasgeval het.
Dat spelers die bal in stikdonker toestande kon sien, was ’n wonderwerk.
Grey het in sy eerste wedstryd die Hoërskool Waterkloof van Pretoria gemaklik met 29-3 getroef.
Louis Botha het met eer uit die stryd teen Paarl Boys’ High (7-26) getree, maar effens teleurgestel teen ’n Saru-uitnodigingspan (verloor 9-31), bestaande uit spelers uit die sentrale streek, nadat HTS rustyd nog voor was