
Jaco de Bruin (middel) het op Vrydag 1 November tydens die Pick n Pay Carols with the Stars by die Laerskool Willem Postma ’n splinternuwe Suzuki S-Presso gewen. Hy het soos baie ander klante van Pick n Pay Preller Walk inkopies by dié winkel gedoen en sy inkopiestrokie is getrek waarna hy die sleutel getrek het wat die Suzuki S-Presso oopgesluit en aangeskakel het. By hom is Duncan Pentz (links) en John Pentz (regs) van Pick n Pay Preller Walk. Jaco het die motor wat hy gewen het, aan sy niggie Bellindi de Bruin van Bethlehem (23) geskenk.Foto: Hetta Steyn

Die Drakensberg-seunskoor onder leiding van Vaughan van Zyl tydens Vrydag se optrede by Carols with the Stars.Foto: Lientjie Mentz

Vier begunstigdes het elk ’n skenking van Pick n Pay Preller Walk ontvang. Die Mooihawe-aftreeoord, Dr. Böhmer-vaardigheidskool en Guardian & Angel het ook elk ’n deel ontvang van die nie-bederfbare kos wat gaste op Carols with the Stars geskenk het. Van links is Benita Jacobs (seremoniemeester), Corlia Karsten (Mooihawe), Henda van der Linde (Dr. Böhmer), Sakkie Matthee (Laerskool Willem Postma) en Mario Lategan (seremoniemeester) Foto: Hetta Steyn

Mense kon op Vrydag 1 November gratis ’n vertoning van die Drakensberg-seunskoor by die Laerskool Willem Postma bywoon. Die geleentheid is moontlik gemaak deur Pick n Pay Preller Walk met BloemNuus en Radio Rosestad wat die mediaborge by die geleentheid was.Foto: Lientjie Mentz