Tuinopvoeding vul mae

’n Groep vrywilligers het nie net meer geleer oor hoe om ’n volhoubare, organiese tuin te maak nie, maar het in die proses ’n splinternuwe tuin by die Siesta-aftreeoord aangelê.


’n Groep vrywilligers het nie net meer geleer oor hoe om ’n volhoubare, organiese tuin te maak nie, maar het in die proses ’n splinternuwe tuin by die Siesta-aftreeoord aangelê.

Ebeth Wilson van die ATKV-gemeenskaps­teatertak sê sy is al ’n rukkie lank bewus van die behoefte by Siesta vir vars tuingroente.

Sy het met Andriëtte Potgieter, streeksbestuurder van die ATKV in die Vrystaat, gesels, wat dadelik ingestem het dat hulle so ’n projek kan kombineer met die ATKV se landswye groentetuinprojek.

Shaun Cairns van Seed2Harvest het op 7 en 8 Oktober ’n opleidingsprogram aangebied oor hoe om ’n organiese groentetuin te plant en te onderhou.

Lede van die publiek is genooi om die kursus by te woon en hulle het as deel van die kursus die tuin by Siesta help aanlê.

Greenside-kwekery het saailinge vir die projek geskenk en Tammy Morey het haar span van Solidariteit Helpende Hand het sade vir die tuin geskenk.

“Ons hoop dat die groentetuin vir Siesta van groot waarde sal wees en ons is dankbaar oor die manier waarop lede van die gemeenskap by dié lekker projek betrokke geraak het,” sê Ebeth.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.