
Die was ‘n droom wat waar geword het. Die skoolhoof van die Hoërskool Fichardtpark open Saterdag (19/02) die nuwe astro-hokkieveld by dié skool.
Lientjie Mentz

Nadat die eerste sooi in Julie verlede jaar gespit is, is die Hoërskool Fichardtpark se nuwe sintetiese hokkieveld (astro) Saterdag (19/02) in gebruik geneem. Die skool se eerste hokkiespanne het dié van die Hoërskool Sentraal in vriendskaplike wedstryde gepak om die baan in te wy. Van links is Sipho Magqibelo, Dean Lategan, Zane de Lange van Zyl, Herman van der Merwe (skoolhoof), Marinda Badenhorst (voorsitter van die beheerliggaam) Carla van Zyl, Karla Marais en Imoné Coetzee. Foto: Lientjie Mentz

Die eerste hokkiespanne van die Hoërskool Fichardtpark en die Hoërskool Sentraal het mekaar op die nuwe astro-veld gepak.
Lientjie Mentz