Ronel du Preez, een van die inwoners het pragtige kunswerke vir die 25 vieringe gemaak. Foto: Lientjie Mentz

‘n Heerlike kuier onder die koeltebome, prettige speletjies en ‘n spitbraai-ete is sommige van die bederfies wat gereël is vir die 25ste bestaansjaarvieringe van die Gratias-aftreeoord in Dan Pienaar.

Inwoners en genooide gaste het op 7 Mei by die klubhuis byeengekom.

Prof. Fief van der Merwe, destyds die wyksraadslid van Dan Pienaar, was nou betrokke by die ontstaan van die oord. Destyds was die terrein ‘n gruisgroef waar die Vrystaat-veterane-

Inwoners en gaste byh die geselligheid is van links oom Johan Botes (79) wat die langste ‘n inwoner is, Rosemary Mulder (76) wat die voorsitter van Gratias se sosiale komitee is en Fief van der Merwe wat die wyksraadslid was toe Gratias 25 jaar gelede ontwikkel is. Foto: Lientjie Mentz

motorklub byeenkomste gehou het. Van der Merwe, wat ook die viering bygewoon het, het destyds volgehou dit is die ideale terrein vir ‘n aftree-oord, wat toe wel verwesenlik is.

Vandag het Gratias ongeveer 70 inwoners. Die drie oudste manne in die oord is Charles du Preez, Bennie van der Walt en Wikus Marais, wat almal 87 jaar oud is.

Sommige inwoners bly al langer as 20 jaar in Gratias en geniet die mooi omgewing teen die koppie in Genl Hertzogstraat.

Ronel du Preez, een van die inwoners het pragtige kunswerke vir die 25 vieringe gemaak. Foto: Lientjie Mentz

Oom Johan Botes (79) was een van die eerste inwoners van Gratias. Hy het destyds ‘n pragtige bonsaiversameling gehad wat hy deesdae by ‘n ander perseel versorg.

Van die speletjies wat die inwoners op die verjaardagvieringe gespeel het, sluit in lepelloop met gekookte eiers en diereresies.

Hulle is op ‘n spitbraai-ete trakteer, en inwoners van die onderskeie vier strate het verskeie bykosse verskaf.

Ronel du Preez, ook ‘n inwoner, het kunswerke spesiaal vir die viering gemaak. ‘n Yskasmagneet met een van haar kunswerke op is aan elke inwoner as geskenk ter herdenking van die dag uitgedeel.

Daan Potgieter, voorsitter van die trustees, het op die geleentheid gesê dit is heerlik om almal byeen te hê vir die viering.

Met die vieringe is van links oom Charles du Preez, Bennie van der Walt, Wikus Marais en Daan Potgieter (voorsitter van die trustees). Foto: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.