Nadat Carols with the Stars geborg deur Pick n Pay Preller Walk en Pick n Pay Reizis Square Vrydag (04/11) weens reën afgestel moes word, is die finaliste wat kwalifiseer se name vir die twee Renault Kwid-motors, vanoggend om 10:00 by Preller Walk getrek.
Delia Mc Lean van Core Audit was teenwoordig tydens die trekking en dit is op Bloemnuus en die Laerskool Willem Postma se Facebookblaaie uitgesaai.
Al tien finaliste is gebel en gaan vanaand om 18:00 deelneem aan die geleentheid waarop een klant van PnP Preller Walk en een van PnP Reizis Square elk ’n splinternuwe Renault Kwid gaan wen. Die trekking waaraan die vyf finaliste gaan deelneem, sal elk ’n sleutel ontvang en die sleutel wat die Renault Kwid oopsluit en aanskakel, is die wenner. Die trekking vind by PnP Preller Walk plaas.
Die vyf finaliste vir PnP Preller Walk is:
Pule Ramatlakana, Mecheline Iannone, Helen Botha, Janetta Coetzer en Pieter Klindt.
Die vyf finaliste vir PnP Reizis Square is:
Hillary Matthyzer, Bryce Ferreira, Linda Luyt, Johannah Machubela en Dumisani Tau.
Die trekking sal vanaand op Facebook Live op Bloemnuus en op die Laerskool Willem Postma se Facebookblaaie uitgesaai word. Dit sal ook oor Radio Rosestad uitgesaai word. Hou dié Facebookblaaie dop om te sien wie die wenner is.
- Klante kan steeds tot Vrydag (11/11) nie-bederfbare kos vir Sentraal24 en Volksblad se kersfonds, Radio Rosestad se Gee-projek en die Siya Thakozastigting, asook troeteldierkos, komberse en speelgoed vir die Bloemfontein DBV skenk deur dit in houers by PnP Preller Walk en PnP Reizis Square te plaas. Dit sal ná Vrydag aan die organisasies oorhandig word.