Tyd is min om vir jou sportster in Bfn te stem

Die publiek het nou tyd tot môre (22/09) om 14:00 om te stem vir hul Sportster van die Jaar in die Vrystaatse departement sport, kuns, kultuur en rekreasie se Sporster-eerbewyse om sportsterre vir hul prestasies te eer.

’n Geselligheid om die topsportlui in die provinsie te vereer, word Vrydag (23/09) in die President-hotel aangebied.

Een van die afdelings is waar die publiek vir een van hul sportsterre kan stem om ’n eerbewys te ontvang. Dit is almal sportlui wat oor ’n spesifieke tydperk uitgeblink het in hul spesifieke sportsoorte.

Die genomineerdes in die kategorie vir wie die publiek kan stem, is:

  • Nthabiseng Majiya vir sokker;
  • Kobus Barnard vir boogskiet;
  • Donna le Roux vir tennis;
  • Karabo Morapedi vir boccia; en
  • Louzanne Coetzee vir atletiek.

Stem vir jou keuse deur die atleet se naam en van te WhatsApp na 063-194-6467. Stuur jou boodskap voor Donderdag 14:00.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.