Daar is nog net tyd tot Vrydag 17 Mei vir spanne om hulle in te skryf vir die jaarlikse Pick a Potjie-potjiekoskompetisie by die Dr. C.F. Visserskool.
Die kompetisie, aangebied deur Pick n Pay Reizis Square en die Laerskool Dr. C.F. Visser, vind op Saterdag 25 Mei by die skool in Estoire plaas.
Soos vorige jare gaan die potjiekos-konings en -koninginne sake uitspook om die beoordelaars met hul heerlike geregte te beïndruk.
In die proses kan gaste tussen die stalletjies kom drentel en self kies van watter pot (of potte) hulle wil eet.
Deelnemers aan die Pick-a-Potjie-kompetisie kan kies of hulle potjiekos wil maak met beesvleis, skaap, hoender of enige ander pot – soos afval.
Die meeste van al die bestanddele wat vir die potte gebruik word moet by Pick n Pay Reizis Square gekoop word en die kwitansies moet die dag van die kompetisie aan die beoordelaars getoon word.
Kry inskryfvorms by Pick n Pay Reizis Square.