Tyd min vir troupaartjies om in te skryf

Daar is nog net tyd tot 31 Julie vir paartjies wat sedert Augustus verlede jaar getroud is om hulle vir Bloemnuus se Troufoto van die jaar-kompetisie in te skryf.


Daar is nog net tyd tot 31 Julie vir paartjies wat sedert Augustus verlede jaar getroud is om hulle vir Bloemnuusse Troufoto van die jaar-kompetisie in te skryf.

Eers wanneer al die foto’s op daardie dag ontvang is, en Julie se galery op Bloemnuusse Facebook-blad verskyn het, sal ’n volledige galery van al die inskrywings op dié Facebook-blad geplaas word.

Lesers sal uit die volledige galery vir hul gunsteling­-foto’s kan stem.

Junie se wenfoto is dié van Myburgh en Stephanie van Zyl, wat op 9 April in Bloemfontein getroud is.

Die algehele wenner van die kompetisie word in Augustus aangewys, met die wenpaartjie wat na ’n naweek se verblyf op die De Oude Kraal-gasteplaas kan uitsien.

Stefan van Biljon van die maatskappy Creative Kilowatt borg die prys.

Paartjies wat in Bloemnuusse lesers­gebied woon en sedert Augustus 2021 getroud is, kan hul mooiste foto vir die kompetisie inskryf.

Foto’s moet van ’n goeie gehalte wees, maar hoef nie deur ’n professionele fotograaf geneem te wees nie.

Met toe­stemming van die bruidspaar kan fotograwe ook foto’s van paartjies inskryf.

Net een foto in jpeg-formaat kan per bruidspaar ingeskryf word.

Die inskrywing moet die paartjie se name en van of vanne bevat, die troudatum en die naam van die stad of dorp waar die troue gehou is – asook die fotograaf of ateljee se naam.

Paartjies kan hulle inskryf deur die foto en inligting teen die sluitingsdatum na ­bloemnuus­@­­media24­.­com te stuur, met “Trou­fotokompetisie” in die boodskapveld.

Die 12 foto’s wat in Augustus die meeste stemme op die volledige galery ontvang, sal in Bloemnuusgepubliseer word.

Die wenfoto, wat uit dié foto’s gekies sal word, sal op Bloemnuusse voorblad pronk.

Tot Julie sal ’n wenner elke maand aangewys word, en die paartjie se foto sal saam met die berig in Bloemnuusgepubliseer word.

  • Creative Kilowatt bied klank, verhooggeriewe, atmosfeer­beligting en oudiovisuele aanvullings vir troues, partytjies en korporatiewe gesellighede.

Die span beskik oor ’n musieklys met alles van die nuutste treffers tot die ou gunstelinge.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.