Tyd vir basaar-lekkernye in oorvloed

’n Groot feesviering vind volgende naweek plaas wanneer die NG kerk Bloemfontein-Wes sy 90ste bestaansjaar vier.


’n Groot feesviering vind volgende naweek plaas wanneer die NG kerk Bloemfontein-Wes sy 90ste bestaansjaar vier.

Die program begin op Vrydag 24 Mei met ’n feesete in die konsistorie. Daar is nog net enkele kaartjies teen R90 elk beskikbaar.

Personeel van die NG kerk Bloemfontein-Wes is van links, Agnes Mtshiwane, Lood Groenewald, Claudette Buitendag, ds. Johan David, Eric Nogwanyolo en David Ncamane. Foto: Verskaf

Op die Saterdag open die hekke om 08:00. Die predikant by die gemeente, ds. Johan David, open die program om 09:00. Daarna volg ’n poppekasvertoning in die kerk om 09:15, en die Tjokkies-pompons tree om 09:45 op.

Om 10:15 begin die kerk se basaar. Pannekoek, poedings, worsbroodjies, sosaties, kerrie-en-rys, vetkoek met kerriemaalvleis, gevriesde sop, beskuit, koeke, terte en kleinkoekies sal te koop wees.

Daar is ook ’n teekamer waar basaargangers met ’n koppie koffie of tee kan ontspan, of kan smul aan ’n sny koek, tert, skons, muffins of koeksisters.

Vir die kinders is daar springkastele, verskeie speletjies, gesigverf, inkleurpret, speelgoed te koop en nog vele meer.

Volwassenes kan by die witolifanttafel rondsnuffel en dalk iets ontdek waarna hulle lankal soek.

Die St. John-ambulansdiens, die bloeddiens (SANBS), KANSA, Suid-Vrystaat-geestesgesondheid, die Christelike Lektuurfonds en Sunflower House gaan hul produkte verkoop of net weer die publiek bewus maak van die diens wat hulle in die gemeenskap doen.

Om 12:00 tree die kore van die Hoërskool Jim Fouché, die St Andrew’s School en die Dr. Böhmer-vaardigheid­skool op.

Die feesnaweek word die Sondag met ’n nagmaaldiens om 10:00 in die kerk afgesluit, met die Bloemfontein-kinderkoor (BCC) wat optree. Elmarie Potgieter is die solis op die geleentheid.

Rig navrae aan Claudette Buitendach by 051-444-2403.

You need to be Logged In to leave a comment.