Dit is weer tyd vir die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs (SAVTEK) se enjinrestourasie-uitdaging vir jong enjin-restoureerders, in samewerking met Engen.
Die Sentraal Vrystaat-veterane- klub se semi-finaal van die enjinrestourasie-uitdaging vind op Saterdag 15 Julie by Curie Park Quick Stop (Engen) op die hoek van Curie- en Vereenigingrylaan plaas.
Die beoordeling van die 12 stilstaande enjins begin om 09:00, terwyl die prysuitdeling om 13:00 sal plaasvind.
Die eindronde van die uitdaging vind vanjaar saam met die Bloem-Familie-Trekkerfees plaas waartydens al die wenners van die onderskeie klubs om die eerste plek sal meeding.
Dié fees word weer soos vorige jare by die Ferreira-museum gehou, oor die naweek van 6 en 7 Oktober.