0

Wihann Bosman (links), Marnie Dreyer en Luan van Deventer van die Hoërskool Fichardtpark het ‘n tweede plek behaal met hul brug.

In die jaarlikse Skolebrugbou- en Aqualibrium-kompetisie het leerlinge behoorlik kopgekrap oor hoe om die perfekte ontwerpe in beperkte tyd te bou.

Op 8 Mei het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (Saice) die brugboukompetisie ’n 30ste keer, en die waterkompetisie ’n 18de keer, in Bloemfontein aangebied.

Vanjaar het sewe skole 11 spanne vir die brugbou­kompetisie ingeskryf. Die wenner is die Hoërskool Jim Fouché se A-span, met Gerhardus Ceronio, Jacob Jansen van Vuuren en Stephan la Grange.

Tweede is die Hoërskool Fichardtpark se A-span, met lede Luan van Deventer, Wihann Bosman en Marnie Dreyer. Derde is nog ’n span van Jim Fouché, die C-span, met Alana Claasen, Sarel Jakob en Mieke Swarts.

Jim Fouché se A-span sal die Vrystaat van 26 tot 28 Augustus in die nasionale kompetisie verteenwoordig.

In die waterkompetisie het sewe skole elk ’n span ingeskryf. Die Hoërskool Tsoseletso se A-span, met Oratile Mathe, Mosa Lichaba en Ntlangasino Jamangile, het gewen.

Tweede was die span van die Hoërskool Moemedi, met Lefa Nketsi, Tsoanelo Lepheyane en Karabelo Masiea.

Derde was die span van die Hoërskool Bloemfontein, met Lesedi Mathakhoe, Vaugh Bryanne Snyman en Bokang Tshepang Bulane.

Die span van Tsoseletso sal van 26 tot 28 Augustus op nasionale vlak aan die waterkompetisie deelneem.

p

Die brugbouspan van die Hoërskool Bloemfontein is van links Roehan Jamneck, Aaliyah Wajar en Arabang Motaung.
p

Jandré Huygen, Arno Marias en Walter Lindemann aan die beplan om die sterkste brug te bou. Hulle is van die Hoërskool Fichardtpark.

You need to be Logged In to leave a comment.